Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 27 NOVEMBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se web tuiste by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

DESEMBER IS YOTA MAAND

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA DIGITALE KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

en

DIE DESEMBER 2016 RADIO ZS UITGAWE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Van Donderdag 1 Desember tot Saterdag 31 Desember 2016, vind die jaarlikse Jongmense op die Lug (YOTA) gebeurtenis plaas en YOTA stasies sal probeer om baie kontakte węreldwyd te maak met mekaar. Dit is 'n uitstekende geleentheid om jong amateurs in hul tienerjare en vroeë 20s te kry om met hul eweknieë op die lug te praat.

Dit is nie 'n formele kompetisie nie, maar 'n manier om jong mense op die lug te kry en om hulle te laat besef dat daar honderde ander maats in die węreld is wat net soos hulle oor die stokperdjie voel. Die hoofdoel is om ons jongmense op die lug te kry en om kontak te maak met jongmense oor die hele węreld. Die Liga het by IARU Streek 1 geregistreer as 'n Lid-vereniging deelnemer en die spesiale roepsein ZS9YOTA sal ge-aktiveer word in Desember.

** Die doel van die Suid-Afrikaanse Radioliga se Digitale kompetisie is om soveel kontakte as moontlik tussen radio amateurs in Suider-Afrika met behulp van die PSK31 en RTD modes te maak. Die kompetisie is op die lug vanaf 13:00 tot 16:00 UTC op Sondag 4 Desember 2016 met aktiwiteit op 80 meter (3 580 tot 3 600 kHz), 40 meter (7 040 tot 7 060 kHz) en 20 meter (14 070 tot 14 099 kHz). PSK31 word verkies aan die onderpunt van die gespesifiseerde frekwensies en RTD word verkies aan die boonste punt van die gespesifiseerde frekwensies. Neem asseblief kennis dat USB ten alle tye gebruik moet word. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Sien die 2016 Blouboek vir al die besonderhede.

** Die redakteur is besig met die finalisering van die Desember 2016-uitgawe van Radio ZS en dit sal vanaf Woensdag, 30 November afgelaai kan word van die Liga se web tuiste. In hierdie uitgawe gee Chris, ZS6EZ, ons 'n oorsig van die Work All ZS toekenning, sy geskiedenis, veranderinge en die nuwe uitdagings. Leon, ZR6LU, vertel ons hoe om Argo te gebruik om QRSS te lees. Jy kan lees oor die BACAR Ruimte Week en die Secunda Amateurradioklub. Is jy gebalanseerd of ongebalanseerd? Niks te doen met jou geestelike toestand nie, maar oor die gebruik van baluns saam met antennas. Daar is twee artikels, een in Engels en een in Afrikaans wat handel oor baluns en veel meer ander artikels in hierdie laaste uitgawe van 2016.

** "The Origins of Silicon Valley: Roots in Ham Radio" video is nou beskikbaar. Die ARRL se Eeufees Nasionale Konvensie aanbieding, " The Origins of Silicon Valley: Roots in Ham Radio" deur Paul Wesling, KM6LH, is geredigeer in 'n video formaat en is nou beskikbaar op YouTube by http://tinyurl.com/hbmwfpd

"Dit handel oor die interessante gebeure met die radio ontwikkeling in die maritieme hawe van San Francisco aan die begin van die 20ste eeu en volg die amateurs wat nuwe toestelle en toerusting ontwerp het om stoomskip verkeer op die Stille Oseaan aan te spreek," het Wesling gesę. "Hul pogings om die ooskus monopolie te breek op buise en radio uit te brei na die mikrogolwe met die aanloop van die Tweede Węreldoorlog, vorm die grondslag vir wat bekend geword het as Silicon Valley." Wesling gesę die aanbieding verwys na die vroeë vakuumbuis ontwikkeling en ander bydraes deur Bay Area amateurs, "en die voortdurende gees van amateurs en medewerkers wat vandag se hoë-tegnologie-mekka aanvuur." Die aanbieding duur ongeveer 1 uur.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Die Tien-Meter RTD Kompetisie strek vanaf 00:00 tot 24:00 UTC op Sondag 4 Desember 2016 en die doel is vir amateurs węreldwyd te kontak en QSO inligting met ander amateurs met behulp van Baudot RTD op die 10 meter band uit te ruil. Enige stasie kan enige ander stasie werk. Die aanbevole baud koers is 45,45 baud met 170 Hz verskuiwing. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin met 001, terwyl stasies in die VSA en Kanada ‘n RST verslag en hul staat of provinsie sal gee. Besoek www.rttycontesting.com vir die reëls.

** Die ARRL 10-meter Kompetisie sal vanaf 00:00 UTC op Saterdag 10 Desember tot 23:59 UTC op Sondag 11 Desember op die lug wees. Die doel is vir amateurs węreldwyd om QSO inligting uit te ruil met soveel stasies as moontlik op die 10 m-band; al die stasies mag nie meer as 36 uur uit die tydperk van 48 uurwerk nie. Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer begin met 001. Stasies in die VSA, Kanada en Mexiko sal RS(T) en hul staat provinsie of stuur. Maritieme mobiele stasies stuur RS(T) en ITU Streek (R1, R2 of R3). Besoek www.arrl.org/10-meter vir die reëls.

** Verskeie radio amateur pioniers het hul merk gemaak in die geskiedenis en gevorderde amateur radio en/of radio wetenskap, maar is nou silent sleutels. Hulle was:
1904 - W.E. Dixon Bennett, ZS5EG, pionier amateur radio in Suid-Afrika op vonk transmissie. Hy het die eerste-ooit amateur radio lisensie in 1904 in Pretoria ontvang en kon sy eie roepsein kies.
1921 - Paul Godley, 2ZE, in Skotland het die eerste Trans-Atlantiese gelykgolf seine van die VSA om 'n golflengte van 200 meter ontvang.
1923 - Leon De Loy, 8AB, in Frankryk met Fred Schnell, 1MO, en John Reinartz, 1AXM, in die VSA het die eerste tweerigting-gelykgolf kontak op 110 meter gemaak en die kortgolf era begin.
1934 - Ross Hull (ex VK3JU), in diens van die ARRL, ontdek troposferise voortplanting op 56 en 112 MHz.
1938 - Nadat hy al die bekende DX lande gewerk het, het Grote Reber, W9GFZ, die radio lug op 160 MHz gekarteer en diskrete radio bronne ontdek. Hy is die eerste radio sterrekundige in die węreld en het 'n skottel antenna gebruik.
1947 - Henry Rieder, ZS1P, het eerste kruis-band kontak op gelykgolf van 50 MHz na 28 MHz met Hilton O'Heffernan, G5BY, gemaak en 'n jaar later het die eerste langafstand TV sein van die Verenigde Koninkryk ontvang. Bert Howes, ZS6HS, in Johannesburg maak die eerste-ooit tweerigting DX kontak via F2 op 50 MHz met Ken Ellis, MD5KW, by Port Said en is later gevolg deur ZS1P en broer Charles, ZS1T, toe hulle albei Paul Saayer, PA0UN, gewerk het.
1954 - Dave Larsen, ZS6DN, het Dr Trevor Wadley bygestaan in die ontwikkeling van die beroemde RACAL RA17 ontvanger en die Barlow Wadley draagbare ontvanger. Hy ontwikkel die frekwensie hop stelsel vir die weermag insluitend meteor strooi kommunikasie, ens, en is later bekroon met die Orde van die Ster van Suid-Afrika.
1958 - Denis Richardson, ZS1B, werk JA1AXE vir 'n węreldrekord op 50 MHz oor 'n afstand van 14 730 km.
1979 - Jack de Villiers, ZS6LN, vestig ’n nuwe węreldrekord op 50 MHz met KH6IAA oor meer as 19 305 km, die rekord staan vir 21 jaar voordat dit finaal gebreek is.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Gedurende 2016 was daar sovęr 25 dae waar daar geen sonvlekke sigbaar was in vergeleke met die geen gedurende 2015.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 10 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20 m bande verwag. Daar is 'n moontlikheid van swak 10 m openinge op Noord-Suid sonverligte paaie. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

Tot middernag UTC vanaand - die CQ WW DX gelykgolf kompetisie
1 Desember – begin van die YOTA maand
3 en 4 Desember - die Verenigde Koninkryk/Ierland DX ESB kompetisie
4 Desember - die SARL Digitale kompetisie en die 10 m RTD kompetisie
10 en 11 Desember - die ARRL 10 m kompetisie
11 Desember - die SARL Jeug Net
27 Desember - sluitingsdatum vir Januarie 2017 Radio ZS artikels

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Van Donderdag 1 Desember tot Saterdag 31 Desember 2016, vind die jaarlikse Jongmense op die Lug (YOTA) gebeurtenis plaas en YOTA stasies sal probeer om baie kontakte węreldwyd maak met mekaar. Dit is 'n uitstekende geleentheid om jong amateurs in hul tienerjare en vroeë 20s te kry met hul eweknieë op die lug te praat.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS/1, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003